NewsNews

Oudbankbestuurder oorlede

Oudbankbestuurder oorlede

 

Oudbankbestuurder oorlede

Hennie Brink, wat van 1977 tot 1986 bestuurder van Barclays Bank was, is op Vrydag, 21 Augustus op die rype ouderdom van 88 in ’n aftreeoord in Vryburg oorlede. Oom Hennie of ‘Old man’ soos sy vriende hom geken het, was vir 39 jaar ‘n inwoner van Parys. Sy hartlike glimlag en sin vir humor was eie aan hom. Hy laat sy twee seuns, Hennie en Pieter, skoondogter Mariëtte, kleinkinders Hennie en Mardi, en ‘n agterkleindogter, Leané, agter. ‘n Gedenkdiens word Vrydag 28 Augustus om 11:00 vanuit die kapel by Egweni Lodge in Van Collerstraat gehou. In lyn met vlak 2 regulasies, sal net familie en naaste vriende die gedenkdiens bywoon.  

 

 

 

Related Articles

Back to top button