NewsNews

Helikopter kom land in dorp

Groot misdaadbewusmakingsaksie Vrydag in Parys

 

Helikopter kom land in dorp

‘n Groot  misdaadbewusmakingsaksie word Vrydag 28 Augustus deur CSS Sekuriteit in Parys geloods. Die voertuie wat deelneem kom van Kroonstad af in die dorp in en sal langs Breëstraat beweeg tot by die Wimpy. Naas CSS, sal die SAPD, verkeer, nooddienste en We Care ook deel vorm van die veldtog.

Die aksie sluit onder meer in dat CSS se noodhelikopter as deel van die bewusmakingsaksie tussen 10:00 en 12:30 op die parkeerterrein van die Palm Gate-sentrum (waar Wimpy is) sal land. Die parkeerterrein sal reeds van vroeg Vrydagoggend vir die duur van die bewusmakingsaksie gesluit wees vir verkeer.

Onthou ook dat sosiale afstand te alle tye gehandhaaf moet word, en dat die dra van maskers in die openbaar steeds geld. Ook dat mense nie in groot groepe sal saamdrom nie.

Die publiek is egter baie welkom om te kom kyk en foto’s te neem van dié eerste wat nog nooit in Parys se sakekern gesien is met ‘n helikopterlanding op ‘n parkeerterrein in die sakekern nie.

Die voertuie sal dan weer van Parys af terugbeweeg deur Potchefstroom en Stilfontein, en vandaar terug na Klerksdorp. Saterdag 29 Augustus sal daar ook weer bewusmaking in die Klerksdorpse sakekern wees, sowel as in Bothaville.  

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button