NewsNews

Kragsaak weer die week voor die hof

Kragsaak weer die week voor die hof

Die Vaal River Development Association (VRDA) se aansoek teen Eskom, die Ngwathe Munisipaliteit, die nasionale elektrisiteitsreguleerder Nersa, die Vrystaatse premier, die LUR vir CoGTA en die minister van energiesake, om ‘n stokkie te steek voor wat gesê word Eskom se eensydige afdwinging van daaglikse rotasie beurtkrag vir Parys sal hierdie komende week, op Dinsdag 25 Augustus deur regter Millar gehoor word.

Dit volg nadat die VRDA se dringende aansoek vroeër in Augustus voor die Pretoriase Hoë Hof was, en toe deur regter Collis beslis is dat die hofaansoek aan ‘n regter toegedeel moet word en ‘n voorkeurdatum van die regter-president gevra moes word vir die aanhoor van die saak. Regter Collis het haar beslissing gemaak weens die kompleksiteit van die saak en beide partye wie se argumente te lank sou duur.

In die aansoek word naas die beurtkragkwessie, ook gehandel met Ngwathe se  aansoek vir die verhoging van sy sogenaamde maksimum gekontrakteerde elektrisiteitsvoorsiening, of te wel die Notifyable Maximum Demand (NMD) wat tot dusver volstrek deur Eskom geweier is. Daar is tydens die vorige  virtuele hofsitting nog nie met die meriete van die onderskeie partye se argumente gehandel nie. Adv. Danie Wijnbeek het namens die VRDA aangevoer dat die besluit rondom die instel van gedwonge munisipale beurtkrag gedoen is sonder dat die publiek vooraf ingelig is, en dat daar geen publieke deelnameproses was, soos wat normaalweg mee gehandel word met die sogenaamde PAJA-proses nie. Daar is ook gewag gemaak van die impak wat daaglikse rotasie beurtkrag het op die funksionering van noodsaaklike munisipale dienste soos die rioolwerke en waterwerke, met spesifieke verwysing na die rioolstorting in die Vaalrivier wanneer rioolpompe tot stilstand gedwing word deur knaende beurtkrag.  

 

   

Related Articles

Back to top button