News

Vonnis volgende week gehoor

Vonnis volgende week gehoor

Meer as vier jaar na die gebeure op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, op 6 Januarie 2016, sal die vyf mans wat in Mei vanjaar skuldig bevind is aan aanranding op Tumelo Simon Jubeba en Samuel Tjixa, hoor wat hul lot is.
Regter Corné van Zyl sal die week van 24 tot 28 Augustus, in die Hoë Hof in Parys, vonnis oplê, wat uiteindelik die einde sal beteken van ‘n uitmergelende hofstryd van meer as vier jaar wat gekenmerk was deur vele terugslae en oponthoude wat telkens uitstel genoodsaak het.
Regter Van Zyl het in Mei vyf van die ses beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen Jr, en skoonseun Miela Jansen van Vuuren, asook Anton Loggenberg en sy seun, Cor Loggenberg, skuldig bevind aan aanranding, terwyl Loedie van der Westhuizen Jr ook skuldig bevind is aan ‘n klag van regsverydeling.
Cor en Miela is elk net op een van die twee klagtes teen hulle skuldig bevind, en Boeta, Anton en Loedie op beide die klagtes.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button