NewsNews

Stryd met brande nie verby nie

Stryd met brande nie verby nie

Wind het die afgelope naweek weer daartoe bygedra dat daar verwoed baklei moes word teen brande in die omgewing van Parys.

Die naweek het ’n brand noord van die N12 ontstaan en vir ongeveer 30km ’n spoor van verwoesting na ’n suidoostelike rigting gelaat, met nagenoeg 3 900ha se natuurlike weiding, aangeplante weiding en lande wat reeds geoes is, wat gebrand het. Ongeveer 150 mense en nagenoeg 65 voertuie was op die toneel om te help om die brand te bestry.

Dankie aan elkeen wat hulp verleen het, insluitend Potchefstroom BBV, Fochville BBV, Working on Fire, Gauteng verkeer en verskeie brandweervoertuie uit plaaslike distrikte. Sarel van der Wat het as gebiedshoof ook sy dank uitgespreek teenoor lede van die Rooikat Groep se Roepgroep 6, asook Pieter Kemp van die Vaal Eden Brandvereniging.  

Die foto is geneem tydens nog ’n brand Maandagaand tot teen die R500. Nagenoeg 1 500ha het gebrand en is daar eers in die vroeë oggendure Dinsdagoggend van die toneel onttrek. Foto: Verskaf

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button