News

Polisie ondersoek saak waarin egpaar in motorongeluk sterf

Polisie ondersoek saak waarin egpaar in motorongeluk sterf

Venessa van der Westhuizen – Potchefstroom Herald

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek na ‘n ongeluk waarin ʼn egpaar van Fochville dood is.

Dirkie en Ilana Brits was saam met hul dogter, Lienka (7), van Parys na Fochville onderweg toe hulle Fortuner na bewering die sleepwa van ‘n trok getref het. Hulle voertuig het ná die botsing langs die pad op sy, sy beland. Lienka was die enigste een wat die ongeluk oorleef het.

Volgens lt. kol Amanda Funani het die ongeluk op die R500 by die Potchefstroom/Vanderbijlpark kruising in die Buffelshoek-area plaasgevind. Sy sê dat die trokbestuurder van Vanderbijlpark na Potchefstroom oppad was.

Russel Meiring,  ʼn woordvoerder van ER24, sê die egpaar was reeds dood toe die ER24-paramedici ongeveer 11:35 op die toneel verskyn het en dat ʼn voormalige paramedikus, wat voor hulle op die toneel was, besig was om Lienka (7) te behandel. Lienka is daarna per helikopter na ʼn private hospitaal in Alberton vervoer.

Lienka het, volgens ‘n familielid, ernstige inwendige beserings en baie kneusplekke op haar lyf opgedoen. Lienka se oom, Ilana se broer,  sê dat hy haar elke dag in die hospitaal besoek en dat sy by die dag sterker word. Volgens hom is dit ‘n groot terugslag vir die familie: “Dit is baie erger as wat julle dink dit is”, het hy gesê toe hy Dinsdagoggend met Gazette se susterskoerant, die Herald gepraat het.

Volgens lt.kol. Funani word die saak tans ondersoek daarom mag meer inligting oor die ongeluk nie bekend gemaak word nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Polisie ondersoek saak waarin egpaar in motorongeluk sterf

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button