NewsNews

Nie so haastig om jou jas te bêre nie – die koue kom

Die week gaan jy koud kry!

Jy was dalk al opgewonde vir die lekker sonnige dae wat Parysenaars die afgelope week al gevoel het, maar moenie so gou jou jas wegpak nie. Die koue kom!

‘n Koue front word vandeesweek in sentraal Gauteng verwag en kan jy jou jas reghou vir die koue wat van Dinsdag tot minstens Donderdag sal duur.

Daar word ook sneeu in die Wes-Kaap verwag.

Maandag 17 Augustus kan Parysenaars bewolkte weer met ‘n minimum van  9 grade Celsius en ‘n maksimum van 23 grade Celsius te wagte wees.

Dinsdag is dit ‘n koel minimum van -1 en ‘n maksimum van 13.

Woensdag sal dit steeds ysig wees in Parys met ‘n minimum van -1 en ‘n maksimum van 15 grade Celsius.

Donderdag sal dit ‘n maksimum van 19 grade Celsius wees, en teen Vrydag darem al ‘n maksimum van 21 grade Celsius.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button