NewsNews

Jy kan nog vandag help om ‘n verskil vir iemand te maak

Teen Donderdag 13 Augustus kon die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens reeds sy doelwit vir Parys by die mobiele skenkersentrum bereik. Honderd en vyftig eenhede bloed danksy Parysenaars se ongelooflike ondersteuning. Die Bloeddiens het tans ‘n kritieke tekort aan bloed en sal die diens daarom vandag ‘n laaste keer vir die week nog in die dorp wees …

Teen Donderdag 13 Augustus kon die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens reeds sy doelwit vir Parys by die mobiele skenkersentrum bereik. Honderd en vyftig eenhede bloed danksy Parysenaars se ongelooflike ondersteuning. Die Bloeddiens het tans ‘n kritieke tekort aan bloed en sal die diens daarom vandag ‘n laaste keer vir die week nog in die dorp wees waar jy die unieke ervaring om in die mobiele sentrum te kan bloed skenk, kan ervaar. Dit is die eerste keer ooit dat die mobiele sentrum in Parys is.

Ondersteun die mobiele skenkersentrum op die Palm Gate sentrum parkeerarea agter KFC vanaf 11:00 tot 16:00. Jou bydrae sal ‘n verskil maak vir iemand in nood.  

Related Articles

Back to top button