NewsNews

Dankie Parys – stewige hupstoot vir doelwit

Jou bydrae kan n verskil maak

Parysenaars kry vandeesweek n unieke skenkerservaring met die Suid-Afrikaanse Nasionale  Bloeddiens se mobiele skenkersentrum wat vir die eerste keer in Parys is.

Die mobiele sentrum is in Desember by die Vaal Mall inkopiesentrum in Vanderbijlpark bekendgestel.

Parysenaars kon van gister, Dinsdag 11 Augustus, tot Donderdag 13 Augustus hier bloed skenk. Die mobiele sentrum is geparkeer by die Palm Gate sentrum, h/v Buiten- en Waterstraat en kan jy vandag en more vanaf 11:00 tot 18:00 die netjies en goed toegruste sentrum besoek om bloed te skenk.

Die doelwit vir die week vir Parys is om 150 eenhede bloed in te samel. Giater is reeds 32 eenhede bloed by die mobiele sentrum ingesamel en 74 eenhede by die gebruiklike bloedskenk kliniek in die Hervormde kerksaal.

Dus n totaal van 106 eenhede. Jou bydrae sal help om die doelwit te haal.

Daar wag ‘n verrassing op elke bloedskenker as blyk van waardering vir die onbaatsugtige daad om bloed te skenk vir ander in nood.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button