NewsNews

Bloeddiens – so kan jy skenk

Bloeddiens - so kan jy skenk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale  Bloeddiens se mobiele skenkerssentrum sal die week in Parys wees van Dinsdag 11 Augustus tot Donderdag 13 Augustus.

Parysenaars sal op die drie dae by die mobiele sentrum kan bloed skenk waar dit geparkeer sal wees by die Palm Gate sentrum, h/v Buiten- en Waterstraat vanaf 11:00 tot 18:00.

Die doelwit is om 150 eenhede bloed in te samel.

Onthou asseblief dat daar ook steeds soos gewoonlik by die Hervormde Kerk se kerksaal, h/v Loop- en Paulsenstraat in Parys bloed geskenk kan word op 11 Augustus vanaf 11:00 tot 18:00.

Daar wag ‘n verrassing op elke bloedskenker as blyk van waardering vir die onbaatsugtige daad om bloed te skenk vir ander in nood.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button