News

So word daar gehelp om rivieroewer skoon te maak op Vrouedag

Kom jy ook help?

Vrouedag word die naweek op ‘n besondere manier in Parys gevier wanneer vroue van die dorp op Saterdag 8 Augustus ter viering van Nasionale Vrouedag, hul omgee vir die natuur daadwerklik sal wys wanneer hulle die rivieroewer gaan skoonmaak.

Die skoonmaakaksie word geloods deur die Vaal Action Group (VAG) wat alle vroue (en manne natuurlik) nooi om Saterdag net vir ongeveer 2 ure te kom help om die rivieroewer skoon te maak.

Parys onttrek sy drinkwater direk uit die Vaalrivier. Ongelukkig word gereeld gesien hoe mense plastiek, karton, bottels en ander rommel op die rivieroewer laat wat uiteindelik weer in die rivier kan beland.

Kom geniet die oggend in die buitelug saam met hierdie toegewyde groep en help so ook om ‘n verskil in jou dorp te maak.

Bring net jou eie handskoene, werkskoene en masker, jou glimlag en ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die bewaring van die omgewing.

Daar sal om 10:00 by die hangbrug begin word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button