NewsNews

Dienslewering sloer weens Covid-19

Parysenaars dié week swaar geraak

Die ontwrigting wat Covid-19 veroorsaak in dienslewering is vandeesweek dubbel en dwars deur Parysenaars ervaar.

Eers moes Absa kliënte op een van die besigste transaksietye in ‘n maand, Maandag 3 Augustus ontdek dat die Absa-tak in Parys gesluit is weens ‘n positiewe Covid-19 geval, waarna ook die plaaslike verkeersdepartement se lisensie- en toetsstasie Woensdag 5 Augustus nie oopgemaak het nie. Teen vanoggend, Donderdag 6 Augustus, was ‘n kennisgewing teen die hek aangebring wat aandui dat die departement se primêre fokus is op die veiligheid en gesondheid van beide sy personeel en kliënte, en die voorkoming van die verspreiding van die Covid-19 virus, en dat die besluit daarom geneem is om die kantore te sluit vir die publiek vanaf 6 Augustus tot 12 Augustus.

Vandag, Donderdag 6 Augustus is ook die plaaslike polisiestasie in Parys ‘n derde keer tydelik gesluit na ‘n positiewe geval van Covid-19. Daar is wel in die VIP–kamer voorsiening gemaak vir die inrig van die polisiestasie se gemeenskap dienssentrum reg langs die hoofingang van die Parys-polisiestasie. Die polisiestasie kan ook steeds geskakel word by 063 922 9674

Absa Parys sal weer op 8 Augustus heropen.

Vir Jan Publiek beteken die sluiting van sleuteldienste soos wat die afgelope week in Parys gesien is, egter ‘n enorme frustrasie met rye wat net al langer word  weens verlore besigheidsure en die agterstand in transaksies veral ook by die lisensiekantore. Daarmee saam – groot bekommernisse ook vir pensionarisse en mense wat afhanklik is van toelaes en nou benewens die frustrasie van toe deure, ook nog sukkel met outomatiese tellermasjiene wat gevolglik ook probleme gehad het, soos wat geblyk het uit die talle oproepe hieroor wat deur die Gazette ontvang is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button