NewsNews

Ondersoek nadat twee sussies raaiselagtig in stort sterf

Ondersoek nadat twee sussies raaiselagtig in stort sterf

Die Vanderbijlpark polisie ondersoek ’n  insident waartydens twee kinders van Bophelong Sondag tragies dood is terwyl hulle glo ’n stort geneem het.

Volgens sers. Gertrude Makhale, ’n woorvoerder van die polisie in Vanderbijlpark, was die twee sussies besig om te stort toe die eienaar van die huis onraad vermoed het omdat dit skielik stil geraak het.

“Die eienaar van die huis het sy seun gestuur om te gaan kyk of die susters nog reg is. Hy het toe besef dat iets nie reg is nie.”

Volens Makhale is die slagoffers na ’n plaaslike hospitaal geneem. Hulle is met aankoms dood verklaar.

Volgens Makhale word daar gewag op die uitslae van ’n nadoodse ondesoek. Sy het benadruk dat die polisie in hierdie stadium geen vuilspel vermoed nie en gevra dat die Vanderbijlpark polisie toegelaat word om die ondersoek te voltooi.

Vaalweekblad het navrae oor die voorval aan die polisie gerig nadat dit vroeër aan lig gekom het dat die eienaar van ‘n plaaslike gaswinkel blykbaar deur die polisie ondervra is in verband met die insident.

Daar word beweer dat die eienaar van die huis ’n kampgeyser in die badkamer geplaas het tydens ’n kragonderbreking.

Twee kinders is raaiselagtig dood terwyl hulle besig was om te stort.Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button