News

Moedige kleutertjie weer geopereer na fratsongeluk

Vir die 4-jarige Leonel Riekert van Parys is die volgende twee weke kritiek bepalend of sy weer die sig in haar linkeroog sal herwin. Leonel is Maandag weer deur die vitreo-retinale spesialis, dr. Bernard Wolff, geopereer om katarakte te verwyder wat gevorm het weens die trauma op haar oog. Sy het op 2 Junie met …

Vir die 4-jarige Leonel Riekert van Parys is die volgende twee weke kritiek bepalend of sy weer die sig in haar linkeroog sal herwin. Leonel is Maandag weer deur die vitreo-retinale spesialis, dr. Bernard Wolff, geopereer om katarakte te verwyder wat gevorm het weens die trauma op haar oog. Sy het op 2 Junie met ’n skêr in haar handjies geval, en dit het haar wang gepenetreer en haar linkeroog ernstig beseer. Tydens Maandag se operasie is ’n lensoorplanting ook gedoen.
Met Dinsdag se opvolgondersoek is gesê dat hoewel haar retina nog nie volkome herstel het nie, en sy steeds nie sig in dié oog het nie, sy
waarskynlik eers in die volgende twee maande sig sal terugkry.
Maandag se operasie was reeds die derde wat dié dapper kleutertjie moes ondergaan.
Tydens die eerste operasie het oogspesialis, dr. Corné Gouws die wond toegemaak, waarna dr. Wollf met die tweede operasie begin het met herstelwerk aan haar retina.
Die derde operasie waartydens verder gepoog sou word om haar sig te herstel, moes egter uitgestel word om die katarakte te verwyder. Vir die gesin was dit ’n traumatiese paar maande en is hulle ongelooflik dankbaar vir die gemeenskap van Parys, maar ook mense van letterlik oral wat hul harte oopgemaak het vir Leonel en bygedra het om haar mediese sorg na die ongeluk moontlik te maak. Die gesin het nie ’n mediese fonds nie.
Al is Leonel se stryd nog lank nie verby nie, is sy moedig en sê haar ouers, André en Mari, dankie vir die ongelooflike ondersteuning wat hulle steeds elke dag kry.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button