News

Misdaadstatistiek: SA al hoe meer gewelddadig!

Misdaadstatistiek: SA al hoe meer gewelddadig!

Dit is 58,4 moorde per dag of 36 uit elke 100 000 mense wat ‘n toename van 1,4% is teenoor die vorige jaar. Moord het die afgelope dekade met 34,17% toegeneem en in die laaste drie jaar met 4,8%. Die wêreld se gemiddelde moordsyfer is 7 uit 100 000 mense.

Rooftogte (gewoon) het ook toegeneem tot 51 825 gevalle en rooftogte met verswarende omstandighede tot 143 990. Laasgenoemde is ‘n toename van 2,8% teenoor die vorige jaar.

Hierdie statistiek wys Suid-Afrikaners leef in ‘n onveilige en gevaarlike omgewing. Altesame 1 061 mense is vermoor tydens rooftogte by woonhuise, sakeondernemings en op straat, terwyl daar tydens hierdie voorvalle 2 842 pogings tot moord was.

Die polisie maak nou ook jaarliks statistiek oor plaasmoord bekend. Die jongste statistiek dui aan dat 49 plaasmoorde gepleeg is in 46 voorvalle.

Die VF Plus het vrae oor hierdie statistiek aangesien die totale aantal aanvalle nie genoem word nie. Die leier van die VF Plus (dr. Pieter Groenewald) het die polisiekommissaris, genl. Kehla Sitole, gevra om dit voortaan by die statistiek te voeg en hy het onderneem om dit te doen.

Volgens kommissaris Sitole is die polisie besig met ‘n proses om die gemeenskap te betrek by landelike beveiliging. Dit sluit landbou-verenigings en buurtwagte in. Die VF Plus verwelkom hierdie benadering. Die party het dit lank reeds voorgestel as deel van ‘n oplossing.

Indien gekyk word na die sewe kategorieë kontakmisdaad wat teen persone gerig is, is daar in slegs twee van die kategorieë, naamlik poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer, ‘n afname.

Dit is die derde jaar agtereenvolgens wat hierdie kategorieë gesamentlik toeneem en dit dui op die gewelddadige aard van Suid-Afrika se samelewing. Dit dien ook as bewys oor waarom mense onveilig voel in die land.

Wat misdaad teen vroue en kinders aanbetref, is daar ‘n afname in seksuele oortredings en moord op vroue. Daar is ook ‘n afname in voorvalle van geweld teen kinders.

Hierdie statistiek kan egter ook dui op ‘n afname in die aantal klagte wat mense indien, veral wat seksuele misdaad aanbetref, en daar moet gewaak word teen die moontlikheid dat die statistiek misleidend kan wees wat hierdie soort misdaad aanbetref.

Daar is steeds baie gebreke oor die ware omvang van hierdie kategorie misdaad aangesien daar ook baie gevalle is waar klagte nie by polisiekantore aanvaar word tydens aanmelding nie.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die regering om toe te sien dat ‘n onafhanklike liggaam die misdaadstatistiek behoorlik oudit om seker te maak dit is ‘n ware toonbeeld van die misdaadsituasie in Suid-Afrika.

 

Related Articles

Back to top button