NewsNews

Korrupsie: Skuldiges is soos aasvoëls, sê president

Korrupsie: Skuldiges is soos aasvoëls, sê president

President Cyril Ramaphosa het in sy weeklikse nuusbrief vandag  korrupsie in ‘n tyd van ‘n nasionale ramp as  ‘n afskuwelike misdaad beskryf en gesê dat oortreders vasgevat sal word.

Die president skryf dit is moeilik om te verstaan hoe mense nie ‘n gewete kan hê in hierdie tyd nie, en onder meer verwys na die buitensporige styging van pryse van maskers, en gevalle waar daar oneerlikheid by raadslede was met die verspreiding van onder meer kos en watertenks.

Hy verwys dan ook na ander voorbeelde en sê dat mense wat probeer om wins te maak uit ‘n ramp wat daagliks mense lewens eis, vergelyk kan word met  aasvoëls of ‘n trop hiënas wat om ‘n gewonde dier sirkel.

President Ramaphosa het gesê dit krap opnuut ou wonde oop van die tyd van staatskaping.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button