NewsNews

Vuurwapen-amnestie: Dit is wensdenkery dat misdadigers vuurwapens sal inhandig

Vuurwapen-amnestie: Dit is wensdenkery dat misdadigers vuurwapens sal inhandig

Dit is wensdenkery om te glo dat misdadigers die vuurwapen-amnestieperiode sal gebruik om hul vuurwapens in te handig. Statistiek van die polisie self toon aan dat nog nie ‘n enkele misdadiger sy vuurwapen tydens die amnestie-tydperk ingehandig het nie, terwyl dit hoofdoel van die amnestie is.

Die realiteit van die huidige situasie is dat wettige eienaars, wat nie betyds hul vuurwapenlisensie hernu het nie, hul vuurwapens verbeur terwyl misdadigers steeds gewapen is.

‘n Vuurwapen kan net so min iemand dood as wat ‘n pen op sy eie verkeerd kan spel. Dit is die mens wat dit gebruik wat die wandaad pleeg. Daarom moet die wet eerder daarop fokus om onverantwoordelike vuurwapen-gebruikers, soos die leier van die EFF, Julius Malema, wat sy wapen in die openbaar afgevuur het, te vervolg.

Die kwessie rondom die amnestie is boonop nie onwettige vuurwapens nie, maar vuurwapens waarvan die lisensie verval het.

Wettige vuurwapen-eienaars wat nie betyds hul lisensies hernu nie, moet eerder, soos in die geval van motorlisensies, die geleentheid gegun word om dit wel te doen met ‘n boete aan die agterstallige hernuwingsperiode gekoppel.

  • Die VF Plus se leier (dr. Pieter Groenewald) het reeds in 2018 ‘n privaatlid-wetsontwerp ingedien om dit moontlik te maak, maar die ANC het dit afgestem.

Die probleem moet aangespreek word deur die wet te wysig sodat mense nie hul vuurwapens verbeur indien hulle versuim om binne drie maande voordat hul lisensies veral,  aansoek doen om herlisensiëring nie. Die VF Plus sal die saak verder voer in die betrokke parlementêre portefeuljekomitee.

Die VF Plus aanvaar dat daar weer ‘n geleentheid sal wees vir diegene wie se lisensies verval het, om aansoek te doen vir ‘n nuwe lisensie wanneer hul vuurwapens ingehandig word.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/69378/vuurwapen-amnestie-dit-is-wensdenkery-dat-misdadigers-vuurwapens-sal-inhandig/

 

Related Articles

Back to top button