NewsNews

Lisensies – dit is hoe dit nou werk

Lisensies - dit is hoe dit nou werk

Alle leerlingbestuurslisensies, bestuurslisensies, tydelike rybewyse en professionele rybewyse wat tussen 26 Maart en 31 Augustus verval, bly geldig tot 31 Januarie 2021.
Dit is ingevolge regulasies wat verlede week in die Staatskoerant deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, gepubliseer is.
Voertuiglisensies, tydelike permitte en padwaardigheidsertifikate wat tussen 26 Maart en 31 Mei vanjaar verval het, sal geldig bly tot 31 Augustus.
Motorhandellisensies wat van 26 Maart tot 31 Mei vanjaar verstryk het, sal steeds geldig wees en word verleng na 30 November.
Rybewyse vir openbare vervoer en akkreditasiesertifikate vir vervoerdienste in die toerismebedryf wat tussen 26 Maart en 31 Mei vanjaar verval het, geld steeds en is ‘n grasietydperk van 90 dae vanaf Woensdag, 22 Julie ingestel.
Tesame met die grasietydperke is ook weer herinner aan die veiligheidsmaatreëls vir mense wat van openbare vervoer gebruik moet maak.
Die vensters aan weerskante van die voertuig moet minstens 5cm oop wees tydens alle openbare vervoerritte. Alle passasiers se hande moet gesaniteer word voor hulle inklim. Sitplekke, deurhandvatsels, armleunings en handrelings moet ook na elke rit ontsmet word en die taxibestuurder en passasiers moet gesigmaskers dra.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button