NewsNews

Aandklokreël – ‘n Uurtjie se grasie vir jou

Aandklokreël - 'n Uurtjie se grasie vir jou

Waar jy vroeër ingevolge die aandklokreël 21:00 tuis moes wees, gaan Suid-Afrikaners nou ‘n uurtjie later kan uitbly tot 22:00.

Die aankondiging is vandag deur die direkteur-generaal van die departement van toerisme gemaak toe gesé is dat die restaurantbedryf  ‘n voorlegging gemaak het waarin gesê is mense eet normaalweg by restaurante om 20:00. ‘n Uur grasie op die aandklokreël gee mense dus bietjie meer tyd om by die huis te kom – so ook vir restaurant werknemers. Die huidige aandklokreël het veral restaurante swaar getref tydens hul besigste tyd van die dag.

Ongelukkig bly die verbod op die verkoop en verspreiding van alkohol egter nog van krag.

Nog goeie nuus is dat hoewel jy steeds nie sonder permit oor provinsiegrense kan reis nie, jy darem nou vir jou plesier binne jou provinsiegrense sal kan reis.

Plaaslike sakereise word ook reeds toegelaat.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button