NewsNews

Sowat 75% van Suid-Afrikaners sterf sonder testament

Sowat 75% van Suid-Afrikaners sterf sonder testament

Dit is skokkend dat bykans 75% van alle Suid-Afrikaners sterf sonder om ‘n geldige of opgedateerde testament in plek te hê. Die impak wat afsterwe sonder ‘n testament vir jou gesin inhou, kan hartverskeurende gevolge hê, wat nog te sê van die nalatenskap wat jy hoop om na te laat.
In baie gevalle, as daar nie ‘n testament in plek is nie, mag erfporsies jare neem om oorgedra te word aan jou afhanklikes en gesinne kan hulle huise en leefstyl standaarde verloor indien bankrekeninge gevries word, of die boedelberedderingsproses word gestaak omdat buitensporige fooie nog nie betaal is nie. Statistiek wys boonop dat 70% van gesinne hul welvaart verloor teen die tweede generasie, en 90% teen die derde. Die verskynsel is gedeeltelik te wyte aan swak boedelbeplanning. So hoe vermy jy dié statistiek? Baie mense neem verkeerdelik aan dat boedelbeplanning gekompliseerd en moeilik is, maar dit is nie noodwendig die geval nie. ’n Testament is nie net ‘n dokument wat jy eenmalig opstel nie, dit moet gereeld nagegaan word om jou veranderende omstandighede te reflekteer. Wanneer jy met jou finansiële adviseur oor jou lewensdekking gesels, behoort jy terselfdertyd jou testament op te stel of te verwys.
Baie mense streef hulle lewe lank daarna om rykdom bymekaar te maak met die hoop dat hulle gesin se toekoms verseker sal wees wanneer hulle eendag wegval. Die probleem is dat baie mense versuim om ‘n plan in plek te sit om te verseker dat hierdie rykdom wyslik gebruik sal word vir die doel waarvoor dit bestem is.

Wat is jou plan?
‘n Erfopvolgsplan neem ‘n holistiese beskouing van jou finansiële situasie en spreek bekommernisse wat andersins nie in ag geneem sal word nie aan, soos om te verseker jou boedel word oorgedra op ‘n belasting doeltreffende wyse, en dat ‘n balans geskep word tussen die behoud van genoeg aftreekapitaal en om genoegsaam na te laat vir jou erfgename.
Dit behoort ook ‘n deeglike beskouing van die opstel van die mees effektiewe en lewensvatbare trusts in te sluit en voorsiening te maak vir jou troeteldiere of items met sentimentele waarde (bv. ‘n vakansiehuis of daardie William Kentridge-skets). In baie gevalle sal jy ook uitdruklik moet meld wat jou liefdadigheid of filantropiese doelwitte is en jou wense met betrekking tot hoe dit uitgevoer moet word.
’n Eenvoudige voorbeeld sou wees dat baie mense graag ‘n orgaanskenker wil wees, maar besef nie dat hierdie onselfsugtige daad by hulle testament ingesluit kan word nie. Erfopvolgsbeplanning bied ook oplossings vir die uitdagings wat gesinne in die gesig staar wanneer gesinslede oor die wêreld heen versprei is. Mens moet in ag neem waar die bates is en waar die begunstigdes woon, sowel as die regulasies, belastingstelsels en jurisdiksies wat hiervolgens geld (wat bekend staan as situs-belasting).

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button