NewsNews

Nou gaan jy nog meer betaal vir krag

Beurtkrag of te nie - hoër kragtariewe kom

Terwyl Parysenaars daagliks swaar gebuk gaan onder rotasie beurtkrag, gaan jy nou boonop vir die volgende 3 jaar nog baie meer vir elektrisiteit betaal,

Dit volg na ‘n hooggeregshof uitspraak Dinsdag waarin Eskom nou toegelaat word om R69 miljard uit verbruikers se sakke te kry.

Luidens die uitspraak sal Eskom in 2021/22 ‘n verhoging van byna 10% kan implementeer, en vir die 2 jaar daarna sal pryse sodanig verhoog word om ‘n verdere R23 miljard per jaar te kan in.

Die R69 miljard wat die kragreus nou moet inkry is eintlik deur die staat aan Eskom toegestaan as ‘n reddingsboei en sou oor ‘n termyn van drie jaar aan Eskom betaal word, Nersa het toe die R23 miljard per jaar vir die drie jaar van Eskom se toelaatbare inkomste afgetrek toe in 2018 or tariewe besluit is.

Dit het beteken dat die staat se hulp om Eskom te help om sy skuld te betaal, dus so te sê ongedaan sou wees, en is Eskom hof toe waar nou beslis is dat die reddingsboei nie op hierdie manier by die berekeninge vir die kragtariewe ingesluit kan word nie.

Nersa het wel in  Junie  erken dat hy ‘n fout gemaak het toe die R69 miljard by sy berekeninge ingesluit is, maar die hofsaak was toe reeds aan die gang

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button