News

Die balle rol weer…

Spelers juig na klub se bane weer oop is.

Daar was beslis groot opgewondenheid Woensdag by Parys-rolbalklub toe die balle vir die eerste keer in vier maande weer op die baan kon rol na die aankondiging van die nasionale staat van inperking .

Sportklubs kon onder vlak 3 inperkingsregulasies weer heropen mits aan baie streng voorwaardes voldoen is.

Rolbal Suid-Afrika het Dinsdag ook die plaaslike klub besoek om seker te maak alle gesondheids- en veiligheidsmaatreëls is in plek, en het die klub ‘n ja gekry om weer van vandag, Woensdag 22 Julie, sy bane oop te maak.

Daar moet egter streng gehou word by die reëls ten opsigte van sosiale afstand, sanitering en reëls ten opsigte van die hantering van die balle. Kuier na spel is ook nog taboe.

 

Related Articles

Back to top button