NewsNews

Plaasaanvallers lewenslank gevonnis 

Plaasaanvallers lewenslank gevonnis 

Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht, is in 2018 op Moedersdag wreed op hul plaas Welgevonden naby Westonaria aangeval en vermoor.

“Hulle is tussen 9: en 10:00 oorval en vermoor. Fanie is na bewering keelaf gesny en Colleen met die koord van ’n strykyster verwurg.

Die Engelbrechts het met beeste en gewasse geboer,” het die organisasie Boere Krisis Aksie na afloop van die aanval gesê.

Volgens AfriForum se Jhua-Nine Wyrley-Birch is die aanvallers Vrydag, 17 Julie, in hooggeregshof in Pretoria gevonnis.

Sy sê Regter David Makoba het in sy uitspraak ook erkenning aan die erns van plaasmoorde gegee en gesê dat “dit skokkend is om te sien wat vandag op plase gebeur”.

AfriForum se nasionale operasionale koördineerder, Marius Müller, sê die mans, twee Mosambiekers, is op aanklagte van dubbele moord, roof, die besit van ‘n ongelisensiëerde vuurwapen en roof met die opset om ernstig te beseer gevonnis.

Müller het ook impakgetuienis gelewer waartydens hy getalle van plaasaanvalle aan die regter uitegelê het.

Hy het egter genoem dat twee van die aanvallers wat by die voorval betrokke was, steeds op vrye voet is.

Related Articles

Back to top button