News

Korting op erfbelasting vir pensioenarisse

Korting op erfbelasting vir pensioenarisse

Liezl Scheepers
Pensioenarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie 2020 begin het, moet onthou dat aansoek vir die afslag voor 31 Augustus gedoen moet word.
Om te kwalifiseer, moet die applikant die geregistreerde eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, minstens 60 jaar oud wees of ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie die eienaar van meer as een eiendom wees nie.
Die inkomste van die huishouding (dit wil sê die applikant en gade) moet minder as R7 850 per maand bruto (voor enige aftrekkings) wees.

Kortings word as volg bereken:
* Op ‘n inkomste van R0 tot R4 200
per maand: 100%
* Op ‘n inkomste van R4 201 tot
R4 660 per maand: 60%
* Op ‘n inkomste van R4 661 tot
R7 252 per maand: 30%
* Op ‘n inkomste van R7 253 tot
R7 850 per maand: 15%.

Aansoekvorms vir die korting is by munisipale kantore beskikbaar en pensioenarisse wat hulp met die aansoek benodig, is welkom om rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus in Heilbron by (058) 852 2041, of die Parys-takvoorsitter, Roy Ulyate in Parys by 082 289 6161 te kontak.
Kopieë van die aansoekvorm kan ook by ITS INK gemaak word.

Hoe doen jy aansoek?
1. Vul die aansoekvorm in.
2. Vul die beëdigde verklaring in en beëdig dit voor ’n Kommissaris van Ede.
3. Heg dit aan by die aansoekvorm asook afskrifte van die munisipale rekening waarop die erfbelasting vir die betrokke perseel gehef word (die eiendom moet in die applikant se naam geregistreer wees).
* ‘n Afskrif van die applikant se ID-dokument
(en applikant se gade as die applikant getroud is).
* ‘n Bankstaat vir ten minste een maand waarop die applikant se inkomste reflekteer (indien die applikant getroud is en as die gade ook ‘n inkomste het, moet ‘n afskrif van die gade se bankstaat ook aangeheg word.
Onthou om afskrifte van al die dokumente vir jouself te maak en laat die munisipaliteit jou afskrif van die aansoek stempel as jy dit indien, sodat jy bewys het dat dit ontvang is.

 

 

Related Articles

Back to top button