News

Eskom sit voet neer

Steeds geen oplossing

Samesprekings wat vandag (Donderdag 16 Julie) tussen Ngwathe en senior Eskom bestuur gehou is in ‘n poging om voorstelle op die tafel te kry wat vir beide partye werkbaar kan wees ten opsigte van Parys se huidige kragkrisis, het nog eens in ‘n doodloopstraat geeïndig.

Die Ngwathe munisipaliteit is tans onder groot druk om ‘n nuwe alternatiewe betaalplan te formuleer om sy enorme skuld van oor ‘n biljoen aan Eskom te betaal.

Eskom weier steeds volstrek om die maksimum gekontrakteerde elektrisiteitsvoorsiening aan Ngwathe te verhoog, tensy Ngwathe omskakel na voorafbetaalde aankope met ‘n deposito vir drie maande se verbruik. Dit beteken vir Ngwathe dat R77 miljoen onmiddellik betaalbaar is – geld wat die munisipaliteit nie het nie.

Die gevolg is ure sonder krag te midde van bittere koue temperature en besighede wat alreeds sukkel in moeilike ekonomiese tye as gevolg van die Covid-19 pandemie.

Vandag se samesprekings volg nadat daar Maandag tydens samesprekings tussen die partye ook geen oplossings gekry kon word nie.

Intussen word Parys naas munisipale rotasie beurtkrag ook gekniehalter deur verskeie kragprobleme op sy netwerk wat ook veroorsaak dat sommige huishouding buite die geskeduleerde beurtkragtye sonder krag sit, sowel as landwye Eskom beurtkrag wat sedert verlede Vrydag toegepas is.

Eskom het egter reeds aangekondig dat daar geen beurtkrag van die kragreus se kant vir môre, Vrydag 17 Julie of die naweek voorsien nie, maar sal munisipale beurtkrag steeds voortgaan.

Vanaand is herhaaldelik gewaarsku dat kragverbruik in Parys baie hoog is, en dat sou dit nie verminder nie, ander dele benewens die geskeduleerde deel vir ‘n sekere tydgleuf ook afgeskakel sal moet word as kragverbruik nie verminder nie.

Sou mense kragonderbrekings buite die geskeduleerde tye ervaar, kan dié nommers geskakel word:

082 909 3464

071 590 5706

071 592 3579

071 525 3415

071 525 5888

Related Articles

Back to top button