NewsNews

O dis KOUD!!!

Bibber temperature, sneeu en ryp

Sneeu oor groot dele van die land soos jy maar net gewoonlik op prentjies van Europa sien.

Dit is wat Suid-Afrika tans beleef met bibber temperature en boonop erge ryp wat ook vanoggend (Woensdag 15 Julie) in die Vrystaat gesien is.

Hoewel die sonnetjie darem vandag sy kop uitgesteek het, meet die temperatuur vanoggend in Vereeniging 4 en 14 grade.

Teen 10:00 was dit steeds ‘n ysige 4 grade Celsius in Parys en kan jy ‘n maksimum temperatuur van 16 grade Celsius later vandag te wagte wees in die dorp.

Vanoggend het Parysenaars wakker geword met ‘n ysige -3 met heelwat huishouding waar die water in die krane en voëlbakke buite gevies het.

Kyk het na hierdie prag foto’s wat in Ceres geneem is.

Dankie aan Hanneke Dannhauser vir die foto’s wat by haar broer in Ceres geneem is. 

 

En dan Parys se eie koue met water wat vanoggend in die krane gevries het.  Ons dank aan Jenny Malan vir dié foto’s.

Stuur gerus vir ons jou foto’s van die bibberweer na gazettenuus@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button