NewsNews

Forum neem regsaksie oor krag

Forum neem regsaksie oor krag

Die Parys Ontwikkelingsforum is besig om ‘n regsaksie te loods teen Eskom en die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, op grond van swak dienslewering en die huidige beurtkrag situasie wat alle inwoners, organisasies en besighede beïnvloed.

Die forum sê die doel van die regsaksie is om Eskom te forseer om plaaslike beurtkrag te staak, en die lisensie wat deur NERSA uitgereik is, op te skort en elektrisiteitsvoorsiening self te hanteer of ‘n derde party aan te stel.

‘n Petisievorm is tans by verskeie besighede in die dorp, sowel as by die Parys Info-kantoor beskikbaar waar inwoners dit kan teken om die forum se saak te versterk, is Dinsdag in ’n verklaring gesê.

Mense wat ‘n finansiële bydrae wil lewer ten opsigte van die regsaksie, kan bydraes in die volgende rekening inbetaal: Lou van Wyk Prokureurs Ing. Trutstrekening, FNB Parys, rekeningnommer 625 226 581 63, takkode 230 736, verwysing P1303.

Mense wat navrae het oor die beplande regsaksie, kan ook ‘n e-pos na info@parys.co.za stuur.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button