News

Covid-19 by Sally Martin: Protokol word gevolg

Bevestiging van ‘n positiewe Covid-19 geval by ‘n verpleegpersoneellid van Sally Martin Park is Dinsdagmiddag 14 Julie gekry. Departement Gesondheid is reeds in kennis gestel en alle protokol word streng gevolg ten opsigte van isolasie, kontakopsporing en dekontaminasie. Inwoners van Sally Martin Park is ook in kennis gestel. Geen besoekers word sedert die nasionale staat …

Bevestiging van ‘n positiewe Covid-19 geval by ‘n verpleegpersoneellid van Sally Martin Park is Dinsdagmiddag 14 Julie gekry.

Departement Gesondheid is reeds in kennis gestel en alle protokol word streng gevolg ten opsigte van isolasie, kontakopsporing en dekontaminasie.

Inwoners van Sally Martin Park is ook in kennis gestel.

Geen besoekers word sedert die nasionale staat van inperking op die terrein of by die residensiële area toegelaat nie en geld die reël steeds.

Die publiek en inwoners is die versekering gegee dat personeel en die bestuur inwoners se veiligheid en gesondheid as hoogste prioriteit beskou en dat alle riglyne van departement gesondheid daarom gevolg sal word.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button