News

Ag nee…nou moet jy weer só maak met WVF eise

Nog 'n verandering vir die indien van aansoeke

Besigheidseienaars en werknemers se geduld is al die afgelope maande tot die uiterste beproef met die vele veranderings aan aansoeke vir eise vir die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF). En nog is dit einde niet.

Die WVF het weer sy stelsel verander vir Covid-19 Ters-eise.

Nou moet maatskappye of hul registrasienommer wat deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) uitgereik is, of die ID nommer van die persoon wat betaal moet word op die stelsel laai wanneer aansoeke ingedien word.

Die verandering is glo om te keer dat mense bankbsonderhede tot hul voordeel verander.

Die verandering kan ‘n vertraging van minstens 2 dae tot gevolg hê vir die uitbetaling van voordele. Werkgewers wat nie die korrekte besonderhede verskaf nie, kan ook verdere vertragings van uitbetalings te wagte wees, is gewaarsku.

Related Articles

Back to top button