NewsNews

Ag nee…dis die einde vir dié sjokolade

Was dit ook jou gunsteling?

As jy ook van daardie heerlike romerige malvalekkerte en beskuitjie so tussen die sjokoladelagie gehou het, beter jy gou spring. Nestlé het bekendgemaak dat die produksie van Chocolate Log einde Julie gestaak het word.

Vir die afgelope 50 jaar was die sjokolade ‘n bekende lekkerte en is dit boonop net in Suid-Afrika vervaardig  en na ander lande uitgevoer.

Die laaste Chocolate Logs sal einde Julie vervaardig word en daarna sal net die voorraad in winkels beskikbaar wees.

Nestlé Suid-Afrika het in ‘n verklaring gesê dat ‘n verskeidenheid van nuwe geure sjokolade in die komende maande bekendgestel sal word.

 

Related Articles

Back to top button