Help voorkom ‘n bloedtekort
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens SANBS nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk, Dinsdag 14 Julie en Donderdag 16 Julie by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 – 18:00. Die Bloeddiens volg streng maatreëls om die veiligheid van skenkers te verseker. Wintermaande is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir bloedinsamelings weens ʼn toename in tipiese …
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens SANBS nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk, Dinsdag 14 Julie en Donderdag 16 Julie by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 – 18:00.
Die Bloeddiens volg streng maatreëls om die veiligheid van skenkers te verseker.
Wintermaande is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir bloedinsamelings weens ʼn toename in tipiese wintersiektes, soos verkoues en griep, wat ʼn reuse impak het op die insameling van bloed. Dit plaas SANBS onder ontsaglike druk om genoeg, veilige en goeie kwaliteit bloed in te samel.
Hierdie is ʼn spesiale beroep op die publiek om 30 minute af te knyp om bloed te skenk.
Die minimum vereistes om ʼn bloedskenker te wees, is:
- Wees tussen die ouderdom van 16-75 jaar
- Weeg meer as 50kg
- Geniet goeie gesondheid
- Leef ʼn veilige seksuele leefstyl.
Die Bloeddiens alle gereelde bloedskenkers bedank en aanmoedig om aan te hou om gereeld bloed te skenk.
Help SANBS om ‘n bloed te kort te voorkom deur bloed skenking te ondersteun.
Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.sanbs.org.za of skakel tolvry 0800 11 90 31
Skenk bloed. Jou bloed red lewens.