News

Plaaslike kunstenaar gekies vir internasionale kunslegkaartprojek

Plaaslike kunstenaar gekies vir internasionale kunslegkaartprojek

Dit was ‘n foto van Jonel Scholz van Potchefstroom se skildery, “Just say something”, wat die kurator van die Bickerton-Grace galery in Londen se aandag getrek het. Anne-Marie Bickerton het Jonel se skildery op Instagram gesien en baie van haar skilderstyl gehou en gedink dat dit absoluut gepas is vir die uitstalling, “Sentiment”, waaraan die galery tans werk.

Dit was ‘n foto van Jonel Scholz se skildery, “Just say something”, wat die kurator van die Bickerton-Grace galery in Londen se aandag getrek het. Anne-Marie Bickerton het Jonel se skildery op Instagram gesien en baie van haar skilderstyl gehou en gedink dat dit absoluut gepas is vir die uitstalling, “Sentiment”, waaraan die galery tans werk.

Sy het Jonel gekontak en die baie ongewone konsep van die uitstalling aan haar verduidelik. Die kurator nader kunstenaars regoor die wêreld en identifiseer ʼn skildery vir die uitstalling. Die kunstenaar pos die skildery aan die galery wat dit daarna in ʼn duisend legkaartstukkies verdeel. Elke stukkie van die skildery word met groot sorg individueel op ʼn agtergrond van 24-karaat bladgoud monteer en in ʼn swart raam geraam. Die kunswerke word dan elk vir £50 verkoop, waarvan die kunstenaar £25 kry.

Vir Jonel was dit aanvanklik ʼn vreemde gedagte om ʼn kunswerk met soveel insette (tyd en moeite), uiteindelik weer op te breek, maar sy het tog ingestem. “As jy die stukkies van die skildery regoor die wêreld verkoop, vorm dit ʼn denkbeeldige band tussen mense – kunsliefhebbers, familie en vriende. Dis ʼn band wat hulle saamsnoer, al kan hulle nie nou bymekaar uitkom nie”, verduidelik Jonel.

Die koper van die kunswerk heg sentimentele waarde aan die kunswerk en vir Anne-Marie is sentiment ook sinoniem met nostalgie, vriendskap en liefde.

Die skildery van Jonel getiteld, “Just say something” het sy tydens die inperkperiode gemaak en is ʼn metafoor vir die geslagsgebaseerde geweld wat vroue juis erger tydens dié tydperk ervaar. “Die skildery beeld ʼn vrou uit wat oor emosionele mishandeling wil praat, maar elke keer as sy haar mond oopmaak, val ʼn blommetjie uit en verloor sy die suikerbekkies en die blom. Dit beeld ʼn vrou uit wat oor haar emosionele mishandeling wil praat, maar gedreig word om dit wat na aan haar hart is te verloor as sy sou begin praat of haar van die mishandeling wil afsny”, verduidelik Jonel.

“Vir ons as kunstenaars, wat in hierdie inperktyd baie sukkel, is die konsep van die Bickerton-Grace galery baie welkom. Kunstenaars kry swaar, want galerye is nie oop nie. Kunsliefhebbers kry nie die geleentheid om ons werke te sien of dit aan te koop nie. Die kurator van die Bickerton-Grace galery stel ons kunstenaars bloot aan die res van die wêreld en help ons om ʼn bietjie geld te genereer”, sê Jonel.

Kunsliefhebbers kan die Bickerton-Grace galery aanlyn besoek by https://www.bickertongracegallery.com/ om ook die ander kunstenaars en hulle werke te sien. Kunstenaars uit Ysland, Duitsland, Parys en Engeland is sover deel van die projek.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button