News

Nege vragmotors gekaap

Nege vragmotors gekaap

Louis Oosthuizen, een van die eienaars van die nege vragmotors wat gister buite Orkney geskaak is, het hierdie foto van van die huidige stand van sake daar geneem.

‘n Boer van Wesselsbron in die Vrystaat, het Vaalweekblad gekontak en oor die huidige stand van sake ingelig. Een van die 9 vragmotors behoort aan hom. Sy vragmotorbestuurder was onderweg met ‘n vol vrag witmielies (sowat 34 ton) van Louisdoring onderweg na Klerksdorp.

“Die vragmotorbestuurder het my gisteraand net na 19:00 gekontak met die nuus dat sy vragmotor by ‘n groot kruising net buite Orkney geskaak is,” vertel Louis Oosthuizen. Hy en sy verloofde het gisteraand deurgery en hou die situasie op ‘n afstand dop.

“Hy was glo aangesê om die vrag op die pad uit te tiep, maar hy het geweier. Hulle het toe glo die sleutel by hom gevat. Hulle is gelukkig nog nie aggresief teenoor die vragmotorbestuurders nie, maar praat nie met hulle nie en hulle moet net daar bly sit,” vertel Louis. Die vragmotorbestuurders het dus die hele nag buite in die koue gesit.

Die betogers dring daarop aan die die burgemeester met hulle kom praat voordat die vragmotorbestuurders hul vragmotors mag kry en verder ry. Die betogers het ook gedreig om die vragmotors aan die brand te steek. Die burgemeester het teen vanoggend nog glad nie aan hul versoek gehoor gegee nie.

Intussen sit die vragmotorbestuurders en die eienaars steeds met hul hande in hul hare en bid dat die vragmotors nie aan die brand gesteek gaan word nie.

Nege vragmotors geskaak!

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button