News

So lyk SA syfers nou

Gauteng nou byna soveel gevalle as die Wes-Kaap.

Suid-Afrika het teen Dinsdag 7 Julie 215 855 bevestigde Covid-19 gevalle gehad – ‘n styging van 10 134 sedert Maandag 6 Julie.

Die sterftetal aan die virus staan nou op 3 502, terwyl 102 299 mense al herstel het.

Daar is ook nou al byna meer mense in Gauteng as in die Wes-Kaap wat positief getoets het. Teen Dinsdag het 71 488 mense in Gauteng positief getoets teenoor die 72 156 in die Wes-Kaap.

  • Parys het op 4 JulieĀ  35 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad.

 

Related Articles

Back to top button