News

Sit af, waarsku Eskom

Eskom het verbruikers weer vandag ernstig gewaarsku om alle nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel met die kragnetwerk wat tans onder groot druk is. Dinsdagaand het ‘n opwekkingseenheid by Tutuka, en ‘n eenheid by Medupi kragstasie uitgeskop. Die Medupi-eenheid is weer gekoppel, maar vanoggend was daar nog teëspoed toe ‘n tweede eenheid by Tutuka uitskop …

Eskom het verbruikers weer vandag ernstig gewaarsku om alle nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel met die kragnetwerk wat tans onder groot druk is.

Dinsdagaand het ‘n opwekkingseenheid by Tutuka, en ‘n eenheid by Medupi kragstasie uitgeskop. Die Medupi-eenheid is weer gekoppel, maar vanoggend was daar nog teëspoed toe ‘n tweede eenheid by Tutuka uitskop het sowel as ‘n eenheid by die Kendal-kragstasie.

Mense is gevra om spaarsamig met krag te werk, en is gewaarsku dat die risiko vir buurtkrag tot minstens die naweek bestaan.

  • Intussen is ook verneem dat die gesprek tussen die Ngwathe Eskom taakspan en senior Eskom-personeel oor vergroting van die substasie kapasiteit, nog nie kon plaasvind nie. Parys gaan reeds die afgelope drie weke gebuk onder daaglikse rotasie beurtkrag omdat die ooreengekome hoeveelheid krag wat aan die munisipaliteit deur Eskom gelewer word, oorskry word. Met ysige temperature wat van môre tot en met die naweek voorspel word, kan verwag dat kragverbruik nog verder sal verhoog wat ook verdere druk op die substasie tot gevolg kan hê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button