News

Knoop toe jou jas

Die koue is hier

Ysige temperature kan nog tot die naweek duur waarsku die weerdiens. Die kouefront wat na verwagting Donderdag 9 Julie die land sal tref, bring swaar reën en sneeu na dele van die land waaronder die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, KwaZulu Natal en Lesotho.

Sneeu word ook op die hoogliggende gebiede op die grens tussen die Vrystaat en Mpumalanga voorspel.

Vir vandag is ‘n minimum van 7 grade en ‘n maksimum van 20 grade vir Parys voorspel, maar teen Saterdag kan Parysenaars ‘n ysige -2 en 11 grade maksimum te wagte wees.

Kry dus maar die komberse reg en moenie vergeet van jou troeteldiere nie. Maak voorsiening om ook hulle warm te hou in die bibber temperature.

Related Articles

Back to top button