News

Dié dorpstuin is Felix se trots

“’n Groentetuin wat werk,” vertel Felix.

Nie ver van die sukkelende Parys Flower Project in Allenbystraat, kry jy Die Dorpstuin in Boomstraat. Die organiese groente- en kruietuin is in pword, erivate besit en is min of meer dieselfde tyd begin as die roostonnels van die Flower Project. Maar anders as die roostonnels, voorsien dié tuin ’n vaste inkomste aan Felix Chidyausiku wat dié onderneming op sy eie bestuur.
Felix is ’n man met trots in sy werk. Nie net versorg hy die groente- en kruietuin op sy eie nie, maar is hy die een wat kontrole hou oor die saailinge wat gekry moet n is dit ook hy wat kliënte se bestellings neem en verpak.
Felix se kliënte is meestal hulle wat passievol is oor organiese groente en hulle wat graag plaaslik ondersteun. Daar gaan nie ’n dag verby dat hy nie getrou op sy pos is van 08:30 tot 16:30 nie, en het hy in die drie jaar al sy eie sakekennis heelwat opgeskerp.


Leida Schuman vertel dat die gedagte van ‘n organiese groentetuin begin het toe sy besef het dat pleks van om telkens die groot oop stuk grond in die middel van die dorp te ontbos, dit veel beter benut kon word. Ilze Botha het die tuin ontwerp en Cara Bakkes het dit help uitbrei.
Slim tuinmaak tegnieke is gebruik om seker te maak dat die beddings beter water hou en minder vatplek vir onkruid het. “’n Groentetuin wat werk,” vertel Felix.
Die dorpstuin sal graag seisoenale groentesaailinge van plaaslike entrepreneurs met groen vingers aankoop.
Dit hou die waardeketting plaaslik.
Maak gerus ’n draai by Boomstraat 29 as jy kan help.

 

Related Articles

Back to top button