News

Bank betaal pensionaris terug nadat kaartboewe duisende onttrek

Bank betaal pensionaris terug nadat kaartboewe duisende onttrek

’n Pensioenaris wat in Mei deur kaartboewe van R13 000 beroof is kan nou ’n sug van verligting gee nadat die bank sy gesteelde geld terugbetaal het.

Oom Stoffel Reynders van Meyerton het Dinsdag laat weet dat First National Bank hom die volle bedrag terugbetaal het nadat die bank se bedrogafdeling die saak ondersoek het.

Oom Stoffel het aan Vaalweekblad gesê dat hy verlig voel en baie dankbaar is.

Hy was op 25 Mei by die kitsbank voor Pick n Pay in Meyerton om geld te trek toe die boewe sy kaart by hom gegryp het.

“Ek het in ’n ry gestaan. Die man voor my het die bank gebruik en toe hy klaar was, het hy op die hoek gaan staan.

“Toe ek by die OTM kom en my kaart in die gleuf druk, kom ’n ander man en stamp my van die kant af.

“Dit was net so zoep, toe het hulle die kaart en is hulle net weg. Dit was so vinnig. Ek was so verbaas.

“Ek het nog gedink ek het die kaart in my hand, toe is hy weg,” vertel hy.

Volgens Oom Stoffel het die boewe vermoedelik sy kaart in ’n kar gekloon – “en toe baljaar hulle”.

Eers het hulle R3 000 onttrek, ’n minuut later R1 000 en toe weer R9 895.48.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Bank betaal pensionaris terug nadat kaartboewe duisende onttrek

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button