News

Hof sê ja vir private kleuterskole

Hof sê ja vir private kleuterskole

Die hooggeregshof in Pretoria het vandag, Maandag 6 Julie, beslis dat private kleuterskole weer hul deure kan oopmaak, berig Netwerk24.

Boonop sal kleuterskole wat “toepaslike en/of voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls ingestel het” dadelik kan oopmaak. Dit sluit ook dagmoeders, naskoolsentrums en speelgroepe in wat aan die maatreëls voldoen.

Die hooggeregshof  aansoek waarin gevra is dat private kleuterskole  wat nie graad R aanbied nie, ook toegelaat sal word om te open,  is deur Solidariteit se beroepsgilde vir maatskaplike werkers en sy Skoleondersteuningsentrum (SOS) gebring

Vroeër het regulasies aangedui dat net Vroeë Kinderontwikkelingsentrums wat Graad R aanbied, kon open vandag, Maandag 6 Julie.

Regter Hans Fabricius  het ook in sy uitspraak  ‘n kostebevel teen die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, toegestaan..

Benewens graad R leerders het graad 6 en graad 11 leerders in die meeste provinsies vandag teruggekeer skool toe. – (Bron: Netwerk24)

 

 

Related Articles

Back to top button