Editor's choiceNewsNews

Krion-beleggers na jare skynbaar weer geteiken

Krion-beleggers na jare skynbaar weer geteiken

Word mense wat byna 20 jaar gelede in Marietjie Prinsloo se Krion-piramideskema belê het, van vooraf deur prokureurs of Jan Taks geteiken om hul winste terug te betaal?
Sowat 14 000 mense landwyd het in die laat 1990’s en vroeë 2000’s sowat R1.5 miljard in die skema belê voordat dit as ‘n onwettige piramide onthul is en in duie gestort het. Prinsloo is tot 25 jaar trokstraf gevonnis en baie van haar eertydse beleggers is in absolute armoede gedompel. Talle het nooit ‘n sent van hul geld teruggekry nie.
‘n Oud-inwoner van die Vaaldriehoek wat intussen na ‘n ander provinsie verhuis het, sê sy en haar bejaarde man ontvang die afgelope maande gereeld prokureursbriewe dat hulle die beweerde “wins” wat hulle destyds ontvang het voordat die skema in duie gestort het, moet terugbetaal.
“My man en ek is reeds in ons sewentigs en leef op ‘n karige Eskom-pensioen. Nou word daar R130 000 van ons geëis – geld wat ons nooit gesien het nie,” vertel die bekommerde oud-belegger. Sy en haar man het destyds al die geld wat hulle in die skema belê het, verloor en geen uitbetaling gekry nie.
* Gazette se susterkoerant, Vaalweekblad, wil graag uitvind of daar nog oud-beleggers is wat soortgelyke betalingsaanmanings gekry het. Indien wel, stuur asseblief ‘n whatsapp na 083 246 0523 sodat Vaalweekblad dit verder kan ondersoek. Enige inligting sal absoluut vertroulik hanteer word.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/67455/krion-beleggers-na-jare-skynbaar-weer-geteiken/

Related Articles

Back to top button