News

Covid-19: Ngwathe besin oor sy geldsake

Covid-19: Ngwathe besin oor sy geldsake

Die Ngwathe plaaslike munisipaliteit gaan dringend besin oor hoe om hom te verskans teen ‘n moontlike geldelike ramp as gevolg van Covid-19.
Só is besluit op ‘n spesiale raadsvergadering verlede Vrydag waartydens die nuwe begroting ook bespreek en goedgekeur is. Tydens die debat het die DA gewaarsku dat verwagte inkomste uit dienstetariewe en erfbelasting skerp mag daal, terwyl die Covid-pandemie ook onvoorsiene uitgawes mag meebring. “Covid-19 is ‘n tikkende tydbom wat Ngwathe se geldsake uitmekaar sal skiet as ons nie rats genoeg voorberei en ons verskans nie,” het DA-raadslid, Arnold Schoonwinkel gesê.

Hy het voorgestel dat ‘n plan dringend opgestel word om munisipale kontantvloei te beskerm, byvoorbeeld deur onbenutte bates winsgewend in te span, kragdiefstal hok te slaan, en met mening agterstallige skuld in te vorder. Só ‘n plan moet ook maniere vind om onnodige uitgawes te voorkom op items soos feeste, reiskostes, oortydbetalings, en konsultasiefooie.
Schoonwinkel het aanbeveel dat die raad se staande komitee oor finansies die plan moet ontwerp. Sy voorstel is ondersteun deur ANC-hoofsweep, mnr Philemon Ndayi, namens die regerende party, asook deur rdl. Phillip van der Merwe (VF+), en is daarna eenparig aanvaar.

Na wat verneem word het die DA-koukus se finansiële groep eergister voorstelle aan die Finanskomitee begin maak. “Ons nooi sakelui en inwoners ook om na vore te kom met idees,” sê DA-koukusvoorsitter, Carina Serfontein.
Rdl. Phillip van der Merwe het reeds verlede Vrydag voorgestel dat baie strenger opgetree word teen kragdiewe, en dit is so aanvaar.

Só styg tariewe:
Die nuwe begroting is goedgekeur vir toepassing vanaf gister (1 Julie). Tariewe styg deurgaans met 4.5%, behalwe drinkwater (dit styg met 6.6%), en elektrisiteit (onderhewig aan goedkeuring van die elektrisiteitsreguleerder Nersa) styg met 6.2%. Die nuwe tariefskale geld vir verbruik vanaf 1 Julie.
In die lig van Covid-19 het die raad weer grootliks virtueel byeengekom. D

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button