News

Kleuterskool-saak Woensdag in die hof

Kleuterskool-saak Woensdag in die hof

Die twee organisasies het hulle tot die hof gewend omdat die departement steeds geen duidelikheid gegee het oor wanneer privaat kleuterskole en dagsorgsentrums mag heropen nie; dit terwyl departementele kleuterskole reeds vanaf 6 Julie weer leerlinge mag ontvang.

“Kinders in privaat kleuterskole se skolastiese vordering gaan nou deur hierdie teenstrydighede van die departement van maatskaplike ontwikkeling en die departement van basiese onderwys negatief beïnvloed word. Deur die saak te bring, wil ons verhoed dat sulke agterstande veroorsaak word. Die departement moet ook besef dat hierdie kleuterskole en dagsorgsentrums, waarvan die kinders nou ontneem word, vir baie van hulle ʼn veilige hawe is, ʼn plek waar hulle kos kry en ʼn plek waar ouers hulle met ʼn geruste hart kan laat wanneer hulle terugkeer werk toe,” sê Marisa Engelbrecht, sektorhoof by Solidariteit se Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers.

Die beroepsgilde en die SOS is van mening dat kleuterskole en dagsorgsentrums ook veilig en gesond kan werk. Onderwysers moes almal aanlyn kursusse in Covid-19-gesondheidsprotokolle volg en het al die nodige praktiese veranderings aangebring en maatreëls ingestel soos wat die regulasies van skole vereis. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se hoofwetenskaplike is die kans dat kinders die virus sal oordra gering. Daar is dus geen rede waarom hierdie instellings nie kan heropen nie.

“Die dringendheid van die saak kan nie meer beklemtoon word nie,” sê Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit. “Personeel is terug by die werk maar steeds is daar geen sprake van datums waarop kinders mag terugkeer nie. Hierdie onderwysers verloor inkomste omdat hulle verhoed word om hul diens te lewer. Ons is gereed om hierdie sinnelose optrede van die departement ten volle teen te staan tydens Woensdag se hofsitting,” het Van der Bijl afgesluit.

Lees die oorspronklike berig hier:

https://vaalweekblad.com/66879/kleuterskool-saak-woensdag-in-die-hof/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button