News

Groot hartseer oor geliefde predikant se dood

Geliefde predikant sterf

Ds. Calitz was aan die begin van die inperkingstyd in die nuus toe sy roerende brief ook in Gazette gepubliseer is nadat hy geskryf het oor ‘n Covid-19 padblokkade by Parys op die Noordwes/Vrystaat-grens waar hy afgetrek is en polisiebeamptes hom toe gevra het om vir hulle te bid toe hulle gehoor het hy is ‘n predikant.
“En daar staan ek tussen hulle. Doen ‘n gebed in my beste Engels. Ek sê Amen. Elkeen van hulle kom na my toe. Skud my hand. Sê dankie en ‘May the Lord bless you and your family.’ Ek het tot in Carletonville met ‘n knop in my keel gery. Trane wat vlak sit. Mag mense ook in hierdie tyd besef wat hulle vir ons beteken en ons gebede nodig het,” het hy geskryf.
Die positiewe rol wat ds. Calitz in talle mense se lewens gespeel het, kon onder meer gesien word in die talle ruikers en huldeblyke wat die afgelope week voor die hek van Laerskool Dagbreek geplaas is. Leerlinge en ander inwoners gaan ook Dinsdag  ter herinnering aan hom pers strikkies op die dag van sy begrafnis dra.
Hy was sedert 2011 predikant van die Hervormde gemeente in Carletonville, betrokke by die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) in Carletonville, afrigter van die Hoërskool Carletonville en die Laerskool Dagbreek se meisies eerstehokkiespanne, en voorsitter van die Laerskool Dagbreek se beheerliggaam. Hy was voorheen ook ‘n onderwyser.
Ds. Calitz word oorleef deur sy vrou, Martie, en vyf kinders.
Ons diepe medeleye met ds. Calitz se gesin, familie en gemeente.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button