News

NWU spandeer R22 miljoen op data en skootrekenaars vir studente

NWU spandeer R22 miljoen op data en skootrekenaars vir studente

Die NWU het sy studente se dringende behoefte aan data en skootrekenaars reeds vroeg in die inperkingsperiode raakgesien en het groot onkostes aangegaan om aan hulle aanlyn studiebehoeftes te voorsien.

Volgens ʼn mediawoordvoerder van die NWU, Belinda Bantham, het dié instelling sover R19 662 689,59 op die aankoop van 3 534 skootrekenaars en ’n bykomende R2 303 433 op maandelikse datapakkette vir kwalifiserende studente bestee. Die bedrag op datapakette gaan waarskynlik afneem, aangesien studente wat na die kampusse terugkeer weer die Wi-Fi-verbindings op die NWU-kampusse sal gebruik en nie meer data nodig sal kry nie.

Op 23 Junie is amper 1 700 skootrekenaars reeds met sukses per hand by die studente afgelewer. Ten minste 23 267 studente het reeds voordeel getrek uit die data wat aan hulle verskaf is en sommige het meer as een keer data ontvang.

Hoewel die verspreiding van skootrekenaars reeds vroeg in Mei begin het, is die proses deur  uitdagings gekniehalter soos om die korrekte adresse van ontvangers te bevestig en om die studente in afgeleë gebiede op te spoor. Die persoonlike omstandighede van sommige studente het intussen ook verander en hulle het dus nie meer skootrekenaars nodig gehad nie.

Volgens Bantham was die NWU een van die eerste instellings vir hoër onderrig om, ná die staat van inperking aan die einde van Maart hierdie jaar, aanlyngebaseerde onderrig en leer te konseptualiseer en te implementeer.

Aanvanklike projeksies het aangedui dat ten minste R30 miljoen nodig sou wees om aanlyn onderrig en leer by die NWU in werking te stel. Dit het die NWU genoop om vanaf 1 Mei ’n NWU Covid-19-reaksiefonds te loods om bykomende fondse en voorafgebruikte skoot- en tabletrekenaars in te samel.

Die NWU sê hy maak ook op die integriteit van studente staat om te verseker dat skootrekenaars en data die kwesbaarstes onder sy studentegemeenskap bereik.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button