NewsNews

Virus stuit nie Voortrekker-gees

Virus stuit nie Voortrekker-gees

Het jy al ’n Afrika son-oond gebou? Kondensmelk melktert gebak, of die kuns van origami bemeester? Die Paasverhaal onthou deur bak en brou? Interessante en lekker besigbly wenke wat die Voortrekkers die afgelope twee maande gedeel het.


Al kan daar nie nou samekomste gehou word of om die kampvuur gekuier word nie, stuit niks die Vories om met allerlei blink planne, selfs in grendeltyd, aan die gang te bly.
So is onlangs ook die korona-kenteken vir die Voortrekkerbeweging bekend gestel vir virusweerbaarmaking juis om positiewe erkenning te gee in hierdie buitengewone jaar waar nuwe vaardighede geleer moes word, het Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkerbeweging gesê.


Die kenteken word saam met twee werkboeke bekendgestel met die tema, “Vreesloos verantwoordelik”. Dit is vir laer- en hoërskool Voortrekkerlede.
Daar word nou gefokus
op veral ondernemingsgees, diensbaarheid, opleiding en vaardigheidsontwikkeling met die klem op kreatief en virtueel. Naas die besigbly wenke, word positiewe boodskappe gereeld gedeel, Zoom-klets gehou, kentekens gedoen en was daar selfs ’n virtuele Hemelvaartdiens wat Voortrekkers in hul Voortrekkerdrag agter die rekenaar kon bywoon.


Daar is ook gereeld uitdagings vir die Verkenners om die koppe aan die dink te sit vir van digkuns en liedjies skryf, tot waarneming van verskynsels in die sterreruim, en tent opslaan.
Ook die September PD gebiedskampe waarna jaarliks uitgesien word, is net uitgestel na 10 tot 14 Desember, want as daar een ding is wat Voortrekker-wees jou leer, is dit dat plan maak en pret hê saam gedoen kan word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button