News

Tree vir tree op die pad na herstel

Tree vir tree op die pad na herstel

Dr. Bernard Wolff, die vitreo-retinale spesialis wat die 4-jarige Leonel Riekert van Parys geopereer het, is tevrede met haar vordering, en word daar tree vir tree gevorder met die herstel van haar linkeroog.
Leonel se oog is op 2 Junie ernstig beseer nadat sy met ’n skêr in haar handjies geval het, en dit ook haar wang gepenetreer het.
Hoewel sy nog nie sig in die oog het nie, kan dit moontlik toegeskryf word aan die medikasie wat in haar oog geplaas moes word om die retina na die operasie te help herstel.
Leonel moet weer op 17 Julie gaan vir ’n opvolgondersoek wat moontlik onder narkose gedoen sal moet word om meer duidelikheid te kry oor die mate waarin haar oog al herstel het.

Leonel se ouers, André en Mari, bedank al die dokters en personeel wat by Leonel se operasies en opvolg afsprake betrokke was. Hulle bedank ook vir Marieta van der Merwe en Stephen en Hettie van Stonehenge, asook Elko van Shogun (hul werkgewers) wat hul sonder huiwer ondersteun, Secret Saints, Parys Gazette personeel, Stephan Malherbe, Jomaine – ’n graad 3-klas mamma van PCS en haar familie vir die ongelooflike groot bydrae wat ingesamel is, prokureur Stefan Scheepers en sy span, en Annemarie Smit van Provision wat hul sedert die ongeluk ondersteun en help met al hul vrae, dag en nag. “Sy ‘check’ kort-kort op Leonel en het haar hart oopgemaak vir ons dogtertjie. Daarvoor is ons oneindig dankbaar. So ook vir elke persoon wat ‘n gebed, boodskap of donasie gemaak het.”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button