News

So werk provinsiegrense nou

So werk provinsiegrense nou

Hoewel die padblokkade voor die Potchefstroom-brug aan Parys-kant op die Vrystaat/Noordwes-grens, tans nie meer 24 uur beman word nie, sal daar wel nog van tyd tot tyd ’n padblokkade opgestel word. Maak dus seker jy het die nodige permitte of toestemming, en jou identiteitsdokument te alle tye by jou, want jy kan steeds nie onder vlak 3 inperkingsregulasies oor provinsiegrense beweeg sonder ‘n permit nie. Dit beteken net in gevalle waar jy byvoorbeeld ‘n permit sou hê om nou te moet trek, ‘n begrafnis gaan bywoon, vir doktersbesoeke of behandeling, waar kinders in ander provinsies skoolgaan of jy uit die aard van jou werk na ‘n ander provinsie moet reis, sal jy toegelaat word oor die provinsiegrense sou jy by ’n padblokkade gestop word. As jy na ‘n siek nabye familielid of bejaarde moet gaan omsien in ‘n ander provinsie, moet jy ‘n verklaring by jou naaste polisiestasie gaan aflê wat jou dan die korrekte papierwerk sal gee om oor die provinsiegrens te reis.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button