News

Rioolstortings wat rivier besoedel moet gestop word

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) wat onder gedeeltelike administrasie is, gaan ook gebuk onder rioolstortings wat die Vaalrivier besoedel.

Die VF Plus in Fochville skakel feitlik daagliks met die munisipaliteit se water- en sanitasie-departement, wat op hul beurt pogings aanwend om gebreekte pypleidings te herstel.

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit wat dorpe soos Fochville, Carletonville, Blyvooruitsig, Wedela en Khutsong bedien, is onder finansiële druk en kan nie bekostig om rioolstelsels te vervang en nuwe rioolaanlegte te bou nie.

Riool vloei tans in Ouhoutstraat, deur die Piet Retiefpark na Danie Theronstraat wat in die Enslinspruit beland en daarna weggevoer word na die Mooirivier wat uiteindelik Potchefstroom bereik.

Die ANC-regering het nie die vermoë om dorpe en stede te bestuur nie en die belastingbetaler word ernstig hierdeur geraak.

Die VF Plus sal voortdurend druk op munisipaliteite en die provinsiale regering plaas om toe te sien dat korrupsie en wanbestuur wat lei tot diensleweringsprobleme, uitgeroei word.

Uitgereik deur Amanda de Lange, VF Plus-LPW: Gauteng

https://vaalweekblad.com/65659/rioolstortings-wat-rivier-besoedel-moet-gestop-word/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button