NewsNews

Dieseltekort laat prys styg

Dieseltekort laat prys styg

So sê mnr. Jose da Silva, eienaar van Q4 Fuel in Peacehaven en Sharpeville. “Weens die verskil in vraag en aanbod moet ons die prys lig. Dis nie om onsself te verryk nie. My grootste vrees is dat my tenks gaan leegloop. Verskeie verskaffers in Gauteng se tenks is reeds dolleeg. Ons sukkel om diesel in die hande te kry,” het ‘n bekommerde da Silva aan die Herald se susterkoerant, Vaalweekblad, gesê. Volgens kenners in die bedryf gaan die tekort aan diesel minstens vir twee weke voortduur.

Dit is slegte nuus aangesien die AA reeds gewaarsku het dat motoriste begin Julie ‘n skerp verhoging kan verwag. Daar word voorspel dat petrol met R1,59 gaan klim, diesel met R1,48 en paraffien met R1.94 per liter. Die basiese brandstof het sedert 1 Junie met agt persent gestyg. Soos wat die aanvraag wêreldwyd gelydelik gaan styg, gaan die prys van brandstof weer terugkeer na vlakke voor die Covid19-pandemie.

Hoewel die rand ook teen die dollar versterk het, meen die AA dat die R4-‘n-liter-besparing wat motoriste tussen Februarie en April geniet het, binnekort uitgewis gaan word.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Diesel tekort laat prys styg

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button