News

So lyk die nuwe skoolkalender

So lyk die nuwe skoolkalender

Hoewel die gewysigde skoolkalender nog nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie, is dit reeds deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, goedgekeur, en ook deur die departement van basiese onderwys vandeesweek op die Twitter-platform gedeel.
Hiervolgens is die tweede skoolkwartaal van 8 Junie tot 7 Augustus.
Dan is daar ‘n bonus met ‘n lekker langnaweek om die vakansie mee af te sluit net voor die skool begin vir die derde kwartaal. Die langnaweek is van 8-11 Augustus wanneer Vrouedag op 9 Augustus gevier word en omdat dit op ‘n Sondag val, is Maandag 10 Augustus ook ‘n vakansiedag, en 11 Augustus ‘n skole-vakansiedag.
Die derde kwartaal strek dan van 12 Augustus tot 23 September met 24 September wat weer ‘n openbare vakansiedag (Erfenisdag) is.
Dit wil sê die skole-vakansie na die derde kwartaal is van 25 September tot Vrydag 2 Oktober.
Skole heropen vir die vierde kwartaal op 5 Oktober en sluit vir die Desember-vakansie op 15 Desember.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button